Sentrale verwerkingseenheid

Intel 80486DX2 mikroverwerker in 'n PGA keramiekpak

'n Sentrale verwerkingseenheid (SVE), of hoofverwerkingseenheid is die komponent in 'n digitale rekenaars wat instruksies en data in rekenaarprogramme vervat vertaal en verwerk SVE's verleen die fundamentele eienskap van programeerbaarheid aan rekenaars saam met primêre stoorgeheue en toevoer/afvoer fasiliteite. 'n SVE wat vervaardig word deur van geïntegreerde stroombane gebruik te maak staan ook as 'n mikroverwerker bekend. Sedert die middel sewentigs het enkelskyf mikroverwerkers byna alle ander soorte SVE's vervang.

Die vorm, ontwerp en implementering van SVE's het dramaties verander sedert die vroegste voorbeelde, maar hul fundamentele bedryf is basies nog dieselfde.

Vroeë SVE's was pasgemaakte dele van 'n groter en gewoonlik unieke rekenaar. Pasgemaakte SVE's word deesdae min gebruik en word gestandaardiseerde veeldoelige verwerkers eerder gebruik. Hierdie neiging tot standardisasie het reeds begin in die tydperk van transistor hoofraam- en minirekenaars en het vinnig versnel vandat geïntegreerde stroombane bekend gestel is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search